Viskoekies


Hierdie is 'n lekker resep as jy iets eenvoudigs wil maak en jy soos ek 'n vrou het wat nie viskos vreeslik verdra nie! Jy kan enige vis vat maar ek verkies om daardie blikke fancy pienk salmon te meng met iets soos stokvis.

Ek meng gewoonlik my vismengsel met gebraaide grasuie, fennel, knoffel, swartpeper, growwe seesout en bietjie suurlemoensap. Dan rasper jy so paar groot artappels en gooi dit in die mengsel. Werk dit lekker deur met jou vingers. Vat so 'n handpalm vol en vorm in 'n plat ronde viskoekie. Plaas die viskoekies op 'n bakplaat in die oond, beruip met olyfolie en bak vir so 15 na 20 minute. Gaan speel met jou kinders.

Sit dan voor saam met 'n lekker slaaitjie en jou gunsteling witwyn.