taco slaai


So rukkie gelede het my beter helfte besluit dat ek vir haar ten minste 4 weke se spyskaarte moet uitwerk. Want sien, sy is die aankoper in ons gesin en sy is moeg om met 'n pakkie hoenderborsies, 'n 2 liter melk, 'n pak slaai en 'n butternut huistoe te kom, net om te vind dat ons genoeg van daai goeters het (behalwe die melk want dit het ons nooit nie). Dan gee ek haar ook nog kwaai kyke omdat ek net soveel kan eksperimenteer met hoendertieties!



Al opsie was toe maar om te gaan sit en basiese respete met aankopelyste saam te stel. Die ding van kook soos ek dit doen is dat dit mos bietjie glansryk moet voel. Dis mos cool sonder om noodwendig die nitty-gritty van kosmaak aan te voel. Ek wil inwals, magic maak, die kos geniet en dan van die tafel af wegsluip terwyl ander hande die gemors moet opvee. ‘n Regte kos Zorro. Ek wil die yskas nes Nigella oopgooi en gerookde salm, mascarpone kaas en bitter donker sjokolade daaruit haal. Swak.

Voor jy unsubscribe van die blog uit protes jeens die houding, een van die maklike en lekker resepte wat die tranedal van menu opstellery die moeite werd gemaak het, is 'n taco slaai. Daar is nie net een manier om die Mexikaanse gereg op te dis nie. Soos jy dit maak en nuwe dinge byvoeg, word dit al hoe lekkerder.

Hier is wat jy min of meer nodig het:

 2 fyngesnyde ryp tamaties
'n lekker groot handvol gerasperde chedder kaas
1 groot ui, fyngesny
1 handvol komkommer in klein blokkies gesny
1 handvol (gaar) mielies
1 blikkie rooi bone of wat van swart olywe

1 kop blaarslaai, in lang repe gesny
250 gram maalvleis of hoender of vegetarian maalvleis, lekker fyngemaak en gebraai met een pakkie taco mengsel, mens koop dit by meeste supermarkte se mexikaanse gedeelte
1 koppie slaaisous - probeer die Catalina resep so reg uit die 60's (baie basies - suiker, tamatiesous, rooiwyn asyn, uie, paprika poeier, worcester sous, olie) of sommer net bietjie griekse sous ala tannie Paarman
Taco/tortilla chips of Doritos as jy op Bredasdorp bly
1 koppie salsa - blik tamaties, asyn, cumin, grypie chilli, sout, suiker, fyngesnyde green pepper of koop ook sommer in potjie by Pick&Pay of Woolies jy nie kans het nie
half potjie suur room of dubbel room griekse yogurt


Begin met die maalvleis. Braai dit saggies bruin saam met die uie. Roer die taco mengsel by (as jy nie het nie maak sommer jou eie van gemmer, kerrie, cumin, swart peper en chilli). Voeg die mielies en bone by en laat afkoel. In 'n plat slaai bak pak jou nou die slaaiblare, komkommer, vars tamaties en avo egalig oor die bodem. Skep die vleismengsel bo oor. Meng jou suur room/yogurt todat dit bietjie loperig is en giet dit uit oor alles. Vat sommer sulke handevol van die taco chips en breek dit sommer so bo oor alles. Strooi die gerasperde kaas en siedaar - taco slaai met tamatie salsa op die kant. Moenie die taco chips te vroeg insit en te veel nat laat word nie, dan verloor mens daardie knars.