kook groep

Soveel mense het my oor die jare gevra om op een of ander manier vir hulle te help om te leer kosmaak. Ek het nog altyd gedink (en dink nog steeds) dat ek nie veel van 'n sjef of leermeester is nie. Daar is soveel mense wat werklik wetenskaplik goed kan kosmaak. Ek voel goed as ek kosmaak en wil juis nie graag dit omsit in 'n analitiese aktiwiteit nie.

Ek kook vir my en vir die honger siele om my tafel. Maar, ek het wel besluit om saam met 'n baie klein groepie te "speel" vir so paar weke en te sien waar dit ons bring. Ek sal die proses probeer opskryf en die "studente" ook vra om te begin saamblog oor hulle ervarings. As iemand in die Somerset Wes omgewing wil saambrou, laat my weet. Ek wil die groep klein hou, 4 mense. As dit jou tickle moet jy spring....