tag:blogger.com,1999:blog-2554747069694973952024-03-14T08:52:00.672+02:00lekker kos... met 'n grypie gemmer!kook, eet, gesels, lag, lees, dink, skryf, braai, proe...Williehttp://www.blogger.com/profile/08406648840413812209noreply@blogger.comBlogger95125tag:blogger.com,1999:blog-255474706969497395.post-88236766593780235082015-08-19T15:42:00.002+02:002019-06-12T16:20:50.007+02:00nuwe kookgroep - nuwe energie!

Ek kyk met skaamte na my blog en sien dat die laaste post uit Parys was. Dit was te lank gelede! Maar nou ja, die lewe gebeur en 'n mens kry nie altyd tyd vir skryf nie. Dit is natuurlik 'n fout. Ek het begin agterkom dat ek benewens skryfmoegheid ook my lus vir kook begin verloor het. Ek weet nie of ek te moeg is na 'n dag se werk of net sommer nuwe inspirasie nodig het nie? Wat ek wel weet is dat 'n mens daardie gevoel moet teestaan. Kosmaak is 'n kreatiewe proses en daarom voel dit nie na werk vir die wat dit liefhet nie.

Een seker manier om inspirasie te ontek is om jou met inspirende mense te omring. En toe besluit ek, dit is nou tyd om weer 'n kookgroep te begin. Ek het mos nou die resep, so dit sal glad verloop of hoe? Waarop ek nie gereken het nie is dat ek met vier nuwe mense, vier totale ander individue te doen sou kry as in die vorige groep. Hulle is almal mense wat gereeld kook en wat al 'n lang pad met kos en kook gestap het. Moenie vir hulle 'n reseppie onder die neus druk en dink hulle gaan dit nie aanpas of verander nie, sou ek later leer.

So begin ek die nuwe ervaring met vier mede reisegers. Die eerste aand het vier heerlike Spaghetti Bolognese souse die lig gesien. Ek het vir almal dieselfde resep gegee en verwag dat hulle mooi netjies dit sal volg. Hulle gooi toe sommer by waarvoor hulle lus kry en ek knyp my ogies toe vir die suiker, kaneel, en wat ookal wat verdwyn in die souse! Hulle gebruik ander maniere van gaarmaak en gebruik fancy implemente wat ek nie eers weet om aan te skakel nie.

En dit bring by my weer 'n keer die gedagte tuis dat ons mense gemaak is om van mekaar energie en inspirasie te ontvang. Ons kan nie soos stukkies brood in 'n verwaterde soppie rondryf nie. Ons moet mekaar opsoek, na mekaar luister, vir mekaar omgee en juis deur dit te doen vind inspirasie ons. Ons verskil en ons andersheid maak van ons goeie bestandele. Amper soos 'n goeie resep. Saam met dit skrik ek ewe skielik weer wakker, en voel wakker. Was dit nie die idee nie?

Viva! nuwe kookgroep Viva!

Williehttp://www.blogger.com/profile/08406648840413812209noreply@blogger.com0tag:blogger.com,1999:blog-255474706969497395.post-78691564304675163752013-12-12T11:56:00.000+02:002013-12-31T15:25:35.524+02:00parysTerwyl die Franse platteland verbyvlieg in die treinvensteer wonder ek waarom Parys so magiese aantrekkingskrag vir my bied. Waarom is dit dat ek met die kans om oorsee te gaan nie dink aan ander eksotiese bestemmings nie? Waarom begin alles vir my by Parys? Eintlik weet ek waarom.

Dit gaan vir my ondermeer oor die Franse psige of "countenance". Jy kom dit tee as jy Dumas se "The Three Musketeers" lees. Wat is dit? Hier is 'n paar klassieke aanhalings uit die boek:

“Everyone knows that God protects drunkards and lovers.”

“Time, dear friend, time brings round opportunity; opportunity is the martingale of man. The more we have ventured the more we gain, when we know how to wait.”

“We must never expect discretion in first love: it is accompanied by such excessive joy that unless the joy is allowed to overflow, it will choke you.”

“I do not often laugh, sir, as you may perceive by the air of my countenance; but nevertheless, I retain the privilege of laughing when I please.”

Wel vir my is die Franse psige duidelik in die vrouens wat glo dat hulle almal supermodelle is en met hulle pouty monde en serpies verbystap, of die man in die tou in die baguette winkel wat jou amper stug "bonjour" groet, die paartjies wat langs die Seine rivier piekniek hou en mekaar nie kan uitlos nie, die mense wat met mekaar sit en lang gesprekke hou in die metro om maar net 'n paar te te noem. Nêrens is dit so duidelik soos in Parys nie. Ons sit onder die Eiffel en hou piekniek, om ons sit paartjies en die taal wat ek hoor is amerikaans, chinees maar altyd ook frans. Mens sou dink hulle is moeg vir die eindelose, stammerende toeriste wat hulle stad oorvat. Hulle laat dit eenvoudig nie toe nie, hulle hou ook piekniek in die parke, stap langs die seine en gaan eet iets in die Montmartre.

Hulle leef nie noodwendig weelderig nie, hulle huisies is klein maar hulle kombuis is die straat kafee of brasserie. Hulle leef wel met styl, nie aangeplakte soort styl nie, dis anderse styl dié. Dit kom van 'n diep ingebore "sense" van hoe dinge behoort te wees en veral hoe dit moet lyk. Selfs nou sien ek buite die trein, terwyl ons Frankryk verlaat, hoe die plattelandse lanskap geskep is met woude wat elke hier en daar die landskap help vorm in plaas van by ons waar die Overberg of Vrystaat amper geen meer woude het om die eentonige landerye bietjie te breek nie.

Ons leef eintlik met te veel en hulle met net genoeg. Ek stap in die latynse kwartier, in die omgewing van die universiteit en kyk op om die bekende woorde: liberté, egalité, fraternité. En ek dink by myself, die Franse nasie is sterk en ek vir een saal aanhou terugkom. Vive la France!

Williehttp://www.blogger.com/profile/08406648840413812209noreply@blogger.com0tag:blogger.com,1999:blog-255474706969497395.post-57903415918944808712013-12-10T15:27:00.000+02:002013-12-13T14:28:21.564+02:00europa!Ons was onlangs op 'n twee week lange reis deur Europa.

Om sonder die kinders net weer 'n slag 'n mens se lyf student te hou was die idee. Om te leef van straatkos en "pubfare" was 'n tweede mikpunt. Ek het lank in Nederland gewoon maar was meer as 'n dekade laas in Europa. Dit was dus vir my 'n soort tuiskoms.

Ons eerste stop was Parys. En ek verloor my hart opnuut. Parys is soos die vroue wat in haar wandel. Sy is effens moody maar nooit vervelig nie. Sy sit en rook Gauloises by 'n straatkafee, stylvol agter haar ontwerpers sonbril en peusel aan haar Tarte Tatin met sterk swart koffie. Sy gesels diep en luister mooi na wat jy sê en gebruik baie handgebare as sy praat met 'n pruilmondjie

Piekniek a la Seine

Ons koop vars Baguettes en die romerigsteCamembert om langs die Seine rivier mee te piekniek. Ons sit daar met Parysenaars om ons en staar na die bote. Die ding van Parysenaars is dat hulle amper net so erg soos toeriste oor hulle stad is. Hulle hou ook piekniek onder die Eiffel, langs die Seine of in die Luxembourg tuine. Parys is hulle stad en is hulle. Wat ookal hulle doen, of dit eet, gesels, huise bou of net in die straat wandel - doen hulle in absolute stylvolheid. Dis nie 'n snobistiese of "stiff upperlip" stylvolheid soos wat ons hier kry nie. Dis net eenvoudig gestel 'n mooier manier van dinge doen.

Belgiese bier

Oor na Ghent in België en jy kry te doen met 'n heel ander mens. Bietjie meer slordig en verseker nie so stylvol nie. Maar ook amper meer Afrikaans. Hier eet ons spare ribs à volonté!! Wat eintlik maar net beteken dat my vrou vir my sê dat ek nou moet ophou eet want die mense kyk al en" vee tog net jou gesig af". Ek loop in die strate en mense is uitbundig oppad na die talle straatkafees. Almal drink bier en bier is definitief almal se drankie. Oud, jonk, man, vrou, ryk arm - almal drink bier. Om dan nie eens te praat van die wafels en sjokolade nie. In Brugge koop ek op die mark 'n vars gebraaide heel hoender, kaas en vye. Ons sit op 'n bankie tussen die toeriste en smul terwyl die mense wonder wie die bergies is wat so morsig eet!

Gerookde paling

Na Amsterdam en my ou heimat, Utrecht. Hier waai ons deur die grachten op ons swart fietse en stop net vir koffie, poffertjies en pannekoeke. By Volendam eet ek gerookde paling, een van my ou gunstelinge en kibeling - klein happies vis wat in 'n ligte deegie gedompel word en in olie gebraai word. Ons eet heerlike boterhampies en ons smul aan broodjie Mario calzones in Utrecht.

Toe ons moes kies waarnatoe om te gaan was daar allerhande eksotiese plekke om oor te dink. Peru, Marokko, Alaska en die Maldives. Maar op die ou einde loop alle paaie tog maar deur my maag en is my maag maar tog net te Europees!

Williehttp://www.blogger.com/profile/08406648840413812209noreply@blogger.com0tag:blogger.com,1999:blog-255474706969497395.post-59110299379604031302013-05-06T16:17:00.001+02:002013-05-06T16:17:54.312+02:00kookgroep - varkie in 'n jassie met ' twistEk het al elders in die blog geskryf oor my kookgroep. Ek was baie huiwerig aan die begin oor selfs die blog, juis omdat ek nie voel dat ek 'n tegnies opgeleide sjef is nie. Maar ek besef toe ook dat die blog eintlik meer my eie memoirs is vir my kinders en hopelik kleinkinders eendag. Maar om myself te begewe in 'n kooklas met mense wat vol verwagtinge met elke geleenheid na my staar...dit het na 'n bietjie van 'n stretch gevoel.

Maar nou ja, my arm is gedraai en hier is ek nou met vier uitsonderlike mense, mense wat passie, durf en humor na die tafel bring. Ons formaat is maklik, ons kom een keer per maand bymekaar, hulle betaal niks, bring hulle eie kookhulpmiddele en bestandele soos per die resep wat ek aan hulle gegee het. Dan kook hulle al vier, ek help, ons lag ons vrek, drink baie wyn en eindig die aand rondom die tafel met heerlike borde kos. Dit is ook vir my so interressant hoe mense se persoonlikhede en hulle manier van kosmaak verskil. Kosmaak vloei baie uit 'n mens se basiese persoonlikheid uit maar die wonderlike verassing is dat in kosmaak mense se alter ego's ook soms uitkom. Die skaam persoon wat kompeteer dat dit bars en die analitiese een van vol kreatiwiteit iets mooi wil voorsit. Dit is eenvoudig "mindblowing" om te observeer.

Dit laat my wonder hoekom kosmaak nie meer gebruik word vir terapie en algemene vaardigheidsontwikkeling nie. Wys my die mens wat aspris slegte kos wil maak of nie haar beste gee agter die panne nie! Ons is nie altyd ewe gemotiveerd om lekker kos te maak nie, om verskeie redes. Tog, probeer ons. As ek die bleddie visvinger vat en ek maak 'n heerlike vars tzatziki met suurlemoen en griekse jogurt moet dit mos lekkerder proe!

Ok, ek dwaal. Ons besluit toe ons gaan 'n spankompetisie ala Masterschef hou. Ek het vir hulle twee mystery bokse gegee met bestandele as volg:

Bestandele:

2-3 Vark filette <o:p></o:p>

1-2 pakke “streaky” spek <o:p></o:p>

Halwe koppie vars basil blare, grof gesny <o:p></o:p>

Halwe koppie vars mint, fyn gesny <o:p></o:p>

2 vars pruime in baie fyn skywe gesny<o:p></o:p>

Growwe swart peper en sout<o:p></o:p>

1 pynappel, geskil en in ringe gesny <o:p></o:p>

2 lekker groot patats <o:p></o:p>

2 eetlepels heuning <o:p></o:p>

Kaneel vir besprinkel van pynappel<o:p></o:p>

Tandestokkies om spek vas te maak oor fillet <o:p></o:p>

Botter en olyfolie<o:p></o:p>

Metode (hulle het dit
nie gekry nie)<o:p></o:p>

Voorverhit oond tot 180 grade C. Klad die fillet droog met kombuispapier. Lê die spek repe langs mekaar op 2 houtborde (genoeg vir 2
filette om in te pas). Meng die basil mint en pruime saam in ‘n mengbak en
besprinkel oor die spek repe. Hou klein bietjie van die kruie eenkant vir
garnering. Nou sit jy die fillet regoor die spek repe en vou die spek
repe oor die fillet, maak die spek bo vas met tandestokkies. Plaas die 2 filette op ‘n bakplaat, sprinkel met bietjie
olyfolie en sit in die oond. Vir elke 500g het jy 30 minute plus ‘n ekstra 5
minute nodig. As dit klaar is haal dit uit en laat dit vir 5 minute rus.

<o:p></o:p>

Skil jou patat, sny in wiele en kook vir 3 minute met
bietjie water in ‘n pot. Moenie dit sag kook nie! Braai jou patat ringe met
bietjie olyfolie in die pan todat dit ‘n mooi bruin kleur het. Smeer dit met
bietjie heuning voor die tyd sodat dit lekker karameliseer. Skil jou pynappel, sny in ringe en braai op die griddle pan
todat dit mooi egalige donker strepe op het. Besprinkel daarna liggies met
kaneel en heuning. Plaas eenkant maar maak seker dat dit warm bly. Kry nou jou 4 borde reg, sny 2-3 wiele vark fillet en plaas op
die bord en rangskik die patats en pynappel rondom. Besprinkel met swart peper
en die laaste vars kruie. Jy kan ook bietjie fyn pruime en sjerrie/rooiwyn gebruik en 'n lekker reduction sousie maak om bo oor alles te drup net voordat jy dit voorsit.

<o:p></o:p>

En toe gebeur die magic, albei spanne sit voortreflike geregte voor. Die beoordeelaars moes werklik hare kloof om die wenner aan te wys! Geluk aan die wondelike vier kokke, ek hoop om nog lank saam aan tafel met julle te sit.

Williehttp://www.blogger.com/profile/08406648840413812209noreply@blogger.com0tag:blogger.com,1999:blog-255474706969497395.post-7669440542427338102013-02-14T15:52:00.001+02:002013-02-14T15:52:23.385+02:00tuisgemaakde tamatiesous

My spannetjie is redelik swaar op tamatiesous. As hy kon sou my seuntjie dit by sy Pronutro meng. Tamatie en piesang geur gaan mos lekker saam! Synde dit so belangrike deel van my kinders se lewens is, het ek gewonder of 'n mens nie jou eie tamatiesous vars kan maak nie. Ek het, eg aan my aard, te wyd gaan lees en verlore geraak in een van Malcolm Gladwell se essays waarin hy breedvoerig ondersoek doen oor wat nou die perfekte "ketchap" is en hoekom dit so is. Heel filosofies. Gelukkig het ek my pad terug gevind en die resep is die gevolg. Dit is maklik, die spannetjie in my kookgroep het almal foutlose tamatiesous gemaak binne 'n uur. Die sous hou ook lekker lank en word amper lekkerder in die yskas.

Wat jy benodig vir 'n redelik trekseltjie is:

1 blik tamaties
1 klein blikkie of pakkie tamatie puree
1 groot ui, gesny
1 koppie rooi wyn asyn
‘n halwe koppie suiker
‘n halwe koppie olyfolie
2 eetlepels neutmuskaat
‘n halwe teelepel allspice
2 lourierblare
‘n grypie sout en swart peper

Instruksies:

Gooi alles in 'n lekker groot souspan en bring oor medium hitte tot prut. Hou aan daarmee, roer van tyd tot tyd deur todat die vloeistof ongeveer met die helfte verminder het. Hier is 'n wenk hoe om dit te bepaal. Sit jou houtlepel in die begin agterstevoor in om die vol vlak te bepaal en dan merk dit die lepel rooi. Dan kan jy weer meet as dit halfpad is. Dit behoort so 30 minute te vat.

Laat die vloeistof goed afkoel tot kamer temperatuur (kokende vloeistof kan ontplof as jy dit dadelik bewerk) Gooi die mengsel minus die lourierblare in jou versapper en maak 'n puree.

Nou soek jy slaptjips om daarin te dip!

Williehttp://www.blogger.com/profile/08406648840413812209noreply@blogger.com1tag:blogger.com,1999:blog-255474706969497395.post-77055961912975659862012-10-24T14:35:00.002+02:002012-10-24T14:35:43.986+02:00eenvoud is die vreugde van die lewe

Ant

Dit is net in Suid Afrika waar die Chinese kok van 'n welbekende restaurant (wat ook nogals na hom vernoem is) sy eie restaurant 2 kilometer verder in die straat oopmaak, met presies dieselfde spyskaart. En dan gaan altwee restaurante doodluiters aan met hulle lewens! In elk geval die een waarna ek verwys is in Kaapstad net langs die Gardens inkopie sentrum. Dit was nog altyd een van my gunstelinge, juis omdat die spyskaart so wye reeks kos kulture reflekteer. Chinees, Japanees, Mongolian en Viëtnamees om maar net 'n paar te noem. Dan nog die verskillende hitte grade aangedui met chillies.

Gino's

Ek eet nie baie uit nie want ek is 'n onbeskaamde bon vivant sowel as vreeslik suinig om iemand anders te betaal om vir my soms gemiddelde kos te berei. Verder dink ek ook dat soveel mense se saai lewens wentel om baie geld te spandeer in restaurante en dat dit miskien 'n teken is van hoe ons moderne mense ons lewens inrig. Ons het nie tyd vir "sukkel" nie en ons lewe vir wow ervarings want slegs daarin voel ons dat ons kry wat ons toekom. Ek is natuurlik ook maar deel daarvan en worstel daarmee. Hoe kry ek my kinders om te verkies om onder in ons lapa kaalvoet te sit met 'n worsie op die vuur en heeltemal gelukkig te wees omdat hulle (en ek) teenwoordig is in die oomblik?

Fat Cactus

Chef Pon's Asian Kitchen

Dis egter 'n simpel eienskap van my dat ek altyd in 'n restaurant sit en wonder of dit die geld werd is...miskien juis daarom dat ek nou in my lewe op 'n plek is waarin ek eerder neig na eenvoud. Ek hou van 'n eenvoudige pizza uit 'n hout verwarmde oond of in dié geval sorgsame oosterse kos wat geurig voorberei is.

Dis nooit verkeerd om gesellig uit te gaan nie, mits jy dit nie elke week moet doen omdat jy jouself vreeslik jammer kry as jy by die huis sit nie. Ek wonder of mens nie ook aan die ervaring verslaaf kan raak nie?

Om jou verder te spaar van myhele lange relaas, doen jouself 'n guns en besoek Chef Pon's Asian Kitchen in Kaapstad, Gino's pizzeria op Stellenbosch, Fat Cactus Mexikaanse restaurant in Mobray, Ant Café in Mellville JHB of Café Mexicho ook in Mellville. Ek reken dat jy by die (en ander) plekke heerlik, goedkoop en in eenvoud kan eet. Dis as jy nou natuurlik werklik moet uiteet!

Café Mexicho

Williehttp://www.blogger.com/profile/08406648840413812209noreply@blogger.com0tag:blogger.com,1999:blog-255474706969497395.post-72498689619838342862012-10-24T13:28:00.001+02:002012-10-24T13:28:35.152+02:00hoender en rys pilaf surprise
<o:p>Ek het onlangs met my kookgroep die maklike resep gemaak, of laat ek sê hulle het dit gemaak! Pas die tyd in die oond aan as jou volume hoender meer raak. Maak ook seker dat jou oond lekker voorverwarm word. Wat jy benodig is:</o:p>

4 - 6 hoender porsies (Dit werk ook met vis maar die baktyd is minder en die speserye ietwat anders)

1 koppie gewone mayonnaise

1 koppie broodkrummels

1 koppie gewone witrys of enige ander wat jy het

3 eetlepels botter

1 medium ui

ongeveer 50 - 100g klein gedroogde appelkose per koppie rys

ongeveer 50 - 100g amandel “flakes” per koppie rys

3 koppies hoender aftreksel – bring sommer Ina Paarman poeier

1 lourier blaar

Vars of gedroogde tiemie

‘n “bunch” vars aspersies (Nee, nie die tipe wat in 'n blik kom nie en wat andersins bekend staan as olifantpuisies)

Metode: Onthou jy het drie prosesse, kyk mooi na die kooktyd en rangskik daarvolgens. As jy enige snywerk voor die tyd kllarmaak help dit baie. Iets soos om die tiemie se blaartjies te stroop vat 'n paar minute maar as jy dit, die sny van die uie, die fynmaak van die broodkrummels ens gereed het dan het jy tyd tussen oop vir 'n slukkie wyn of om vir die hond 'n tennisbal te gooi.

1. Mayonnaise hoender

Voorverhit jou oond tot 200 - 220 grade C. Was jou hoender porsies vinnig onder koue lopende water en klad droog met kombuis papier. Smeer die porsies deeglik met mayonnaise, gooi sommer in ‘n sak vol van die broodkummels en skud todat die hoender oortrek is met broodkrummels. Onthou jy kan jou broodkrummels geur met sout en peper en kruie soos tiemie. Plaas die hoender porsies in ‘n oondbak en bak vir ongeveer 40 - 60 minute. Hou net dop dat die krummels nie brand nie.

2. Rys pilaf met amandels en appelkose

Dié eenvoudige, veeldoelige rys gereg word ondersky deur die metode – jy sauté die korrels vinnig in botter/olie voordat jy vloeistof byvoeg – dit gee baie smaak en help dat die ryskorrels lekker fluffy en apart bly. Rys pilaf is ‘n wonderlike oop boek, jy kan die amandels en appelkose vervang met amper enige iets!

Smelt die botter in ‘n pan oor medium hitte, voeg uie by en sauté vir ‘n paar minute todat dit net begin goudkleurig raak.

Voeg die rys by en hou aan om te braai todat al die korrels
goed met die botter oortrek is, moenie brand nie!<o:p></o:p>

Nou voeg jy die lourierblaar, fyn amandels en appelkose by
en voeg die hoender aftreksel by. Laat dit kookpunt bereik. Draai sagter, voeg
bietjie sout en peper by en laat saggies prut met die deksel op totdat die rys
sag is en al die vloeistof geabsorbeer is, ongeveer 15 minute. <o:p></o:p>

Sit die plaat af, los die deksel op en laat staan vir so
paar minute voordat jy dit opdien.<o:p></o:p>

3. Aspersies

Sny die onderste 1cm van die aspersies af. Kry ‘n pot vol water met ‘n teelepel sout in vinnig aan die kook. Plaas ‘n bak vol yswater net langs die pot. Sit die aspersies vinnig in (maksimum 1 minuut), haal uit en gooi dadelik in die yswater. Haal uit na so 1 minuut en plaas eenkant.

Wanneer al die ander geregte reeds opgeskep is, gooi jy dit vir 30 sekondes in ‘n warm pan met olyfolie, gee so paar draaie en sit dadelik op die bord. ‘n Girtsie sout en peper rond dit af. Onthou oorgaar aspersies is sonde!

Williehttp://www.blogger.com/profile/08406648840413812209noreply@blogger.com0tag:blogger.com,1999:blog-255474706969497395.post-86470425903759322812012-08-02T09:37:00.001+02:002012-08-02T09:37:24.086+02:00kook groep

Soveel mense het my oor die jare gevra om op een of ander manier vir hulle te help om te leer kosmaak. Ek het nog altyd gedink (en dink nog steeds) dat ek nie veel van 'n sjef of leermeester is nie. Daar is soveel mense wat werklik wetenskaplik goed kan kosmaak. Ek voel goed as ek kosmaak en wil juis nie graag dit omsit in 'n analitiese aktiwiteit nie.

Ek kook vir my en vir die honger siele om my tafel. Maar, ek het wel besluit om saam met 'n baie klein groepie te "speel" vir so paar weke en te sien waar dit ons bring. Ek sal die proses probeer opskryf en die "studente" ook vra om te begin saamblog oor hulle ervarings. As iemand in die Somerset Wes omgewing wil saambrou, laat my weet. Ek wil die groep klein hou, 4 mense. As dit jou tickle moet jy spring....

Williehttp://www.blogger.com/profile/08406648840413812209noreply@blogger.com0tag:blogger.com,1999:blog-255474706969497395.post-88390453518153183612012-05-03T09:57:00.000+02:002012-05-03T09:57:36.479+02:00brood vir Luc

Vriende se seuntjie het onlangs 'n nare ongeluk gehad toe kokende tee op hom uitgeval het. Dit terwyl hulle gesin op 'n werk en vakansiebesoek in Skotland is. As pa kry ek hoendervleis om te dink wat deur hulle gedagtes moes gaan te midde van die aaklige ervaring. Wat my hart druk om hierdie broodresep aan klein Luc op te dra is toe ek hoor hoe hy volgens wat sy pa vertel, die hospitaal in Skotland oorgeneem het met sy sonnige persoonlikheid en positiewe energie te midde van hierdie uiters pynvolle ervaring.

Ons grootmense word mos telkens herhinner hoe ongelooflik sterk 'n kind se spirit kan wees. Miskien is dit omdat die sinisme van grootmenswees nog nie sy nare stempel op 'n kind afgedruk het nie? Sy ouers publiseer reeds fotos waar hy sit met 'n lekker toebroodjie en groot glimlag...sommer so deur die verbande deur. Dis nie altemit dat die mannetjie se wortels uit die Swartland is nie, daar waar die mense hou van brood!

So, Luc ek weet jy sit in die vêrre Skotland en miskien verstaan jy nie alles wat met jou gebur nie. Ons almal hier by die huis se hande is afgekap om jou te help. Al wat ek kan doen is om jou pa, ma of ouma se hande te leen vir 'n uur of twee sodat hulle vir jou hierdie spesiale broodjie kan bak in my plek. Dit is propvol goeie dinge wat jou sal help om gesond te word.

Benodighede:

Spray and cook

1 koppie lekker whole wheat meel

1 teelepel bakpoeier

halwe teelepel koeksoda (baking soda)

kwart teelepel sout

2 fyngedrukde ryp piesangs

so derde van 'n koppie romerige grondboontjie botter

driekwart koppie bruin suiker

kwart koppie plein jogurt

1 groot eier

1 eetlepel canola olie

driekwart koppie sjokolade chips

Aanwysings:

Voorverhit jou oond tot 175 grade celcius - ek weet nie van die skotse oonde nie maar dis so 350 F. Spray 'n normale broodpannetjie sorgvuldig met die spray and cook. Whisk die meel, koeksoda en sout in 'n lekker groot mengbak. Vat 'n ander mengbak en roer die piesang, grondboontjie botter, bruin suiker, jogurt, eier en canola olie ordentlik bymekaar - dis 'n Jasper job!

Nou meng jy die piesangmengsel goed in by die meelmengsel. Nadat dit goed gekombineer is, gooi die sjokolade chips by en roer deur. Gooi dit nou mooi egalig met 'n lepel uit in die broodpannetjie. Bak dit in die voorverwarmde oond todat 'n tandestokkie skoon uitkom, ongeveer 40-50 minute. Laat dit staan op 'n rakkie om af te koel.

Sny die brood in skywe. Roep nou vir die jong held en sy boetie en sussie nader. Ons is baie trots op jou Luc! Veilige terugreis seuntjie...

Williehttp://www.blogger.com/profile/08406648840413812209noreply@blogger.com1tag:blogger.com,1999:blog-255474706969497395.post-13588236747316582622012-05-02T16:02:00.000+02:002012-05-02T16:02:03.359+02:00penne met gerookde salm en roomkaas

Hierdie resep is 'n variasie op 'n resep wat ek reeds gedeel het. Dis die "go-to" resep as jy met jou hande in jou hare sit, jou skoonma kom kuier of jy wil die meisie impress met jou vaardigheid in die kombuis.

Bestandele vir 4 mense:

1 pak penne pasta

1 koppie sagte roomkaas, jy kan dit effens opwarm sodat dit makliker smelt

1 fyngekap handvol dill

'n koppievol jong ertjies

4 groen uitjies, fyngesny

1 suurlemoen se sap sowel as die skil (zest)

1 eetlepel dijon mostert

'n lekker handvol capers

so 200 gram gerookde salm, in langwerpige strokies gesny

'n grypie of twee sout en swartpeper

so bakkie vars parmesan kaas as jy het

Kook jou penne pasta in lekker baie sout water. Nie te pap nie asseblief! Skep so paar lepels van die styselagtige pasta water uit en hou eenkant. Gooi sommer die ertjies by vir so 3 minute voor jy die pasta afhaal. Dryneer die pasta en gooi terug in die pot. Skep die pasta water wat jy eenkant gehou het (so 200ml) weer terug in die pot. Gooi al die bestandele by die pasta behalwe die salm. Roer versigtig deur todat die roomkaas 'n sous vorm. Op die laaste oomblik roer jy jou salm by, sprinkel sout en peper na smaak oor met 'n gooisel parmesan en 'n paar druppeltjies olyfolie. Skink bietjie wyn en smul. Eet redelik vinnig as jy kan want die ander mense gaan al die seconds opvreet!

Williehttp://www.blogger.com/profile/08406648840413812209noreply@blogger.com0tag:blogger.com,1999:blog-255474706969497395.post-3691524912842687152012-02-17T10:36:00.000+02:002012-02-17T10:37:54.344+02:00taco slaai

So rukkie gelede het my beter helfte besluit dat ek vir haar ten minste 4 weke se spyskaarte moet uitwerk. Want sien, sy is die aankoper in ons gesin en sy is moeg om met 'n pakkie hoenderborsies, 'n 2 liter melk, 'n pak slaai en 'n butternut huistoe te kom, net om te vind dat ons genoeg van daai goeters het (behalwe die melk want dit het ons nooit nie). Dan gee ek haar ook nog kwaai kyke omdat ek net soveel kan eksperimenteer met hoendertieties!

Al opsie was toe maar om te gaan sit en basiese respete met aankopelyste saam te stel. Die ding van kook soos ek dit doen is dat dit mos bietjie glansryk moet voel. Dis mos cool sonder om noodwendig die nitty-gritty van kosmaak aan te voel. Ek wil inwals, magic maak, die kos geniet en dan van die tafel af wegsluip terwyl ander hande die gemors moet opvee. ‘n Regte kos Zorro. Ek wil die yskas nes Nigella oopgooi en gerookde salm, mascarpone kaas en bitter donker sjokolade daaruit haal. Swak.

Voor jy unsubscribe van die blog uit protes jeens die houding, een van die maklike en lekker resepte wat die tranedal van menu opstellery die moeite werd gemaak het, is 'n taco slaai. Daar is nie net een manier om die Mexikaanse gereg op te dis nie. Soos jy dit maak en nuwe dinge byvoeg, word dit al hoe lekkerder.

Hier is wat jy min of meer nodig het:

2 fyngesnyde ryp tamaties
'n lekker groot handvol gerasperde chedder kaas
1 groot ui, fyngesny
1 handvol komkommer in klein blokkies gesny
1 handvol (gaar) mielies
1 blikkie rooi bone of wat van swart olywe

1 kop blaarslaai, in lang repe gesny
250 gram maalvleis of hoender of vegetarian maalvleis, lekker fyngemaak en gebraai met een pakkie taco mengsel, mens koop dit by meeste supermarkte se mexikaanse gedeelte
1 koppie slaaisous - probeer die Catalina resep so reg uit die 60's (baie basies - suiker, tamatiesous, rooiwyn asyn, uie, paprika poeier, worcester sous, olie) of sommer net bietjie griekse sous ala tannie Paarman
Taco/tortilla chips of Doritos as jy op Bredasdorp bly
1 koppie salsa - blik tamaties, asyn, cumin, grypie chilli, sout, suiker, fyngesnyde green pepper of koop ook sommer in potjie by Pick&Pay of Woolies jy nie kans het nie
half potjie suur room of dubbel room griekse yogurt

Begin met die maalvleis. Braai dit saggies bruin saam met die uie. Roer die taco mengsel by (as jy nie het nie maak sommer jou eie van gemmer, kerrie, cumin, swart peper en chilli). Voeg die mielies en bone by en laat afkoel. In 'n plat slaai bak pak jou nou die slaaiblare, komkommer, vars tamaties en avo egalig oor die bodem. Skep die vleismengsel bo oor. Meng jou suur room/yogurt todat dit bietjie loperig is en giet dit uit oor alles. Vat sommer sulke handevol van die taco chips en breek dit sommer so bo oor alles. Strooi die gerasperde kaas en siedaar - taco slaai met tamatie salsa op die kant. Moenie die taco chips te vroeg insit en te veel nat laat word nie, dan verloor mens daardie knars.

Williehttp://www.blogger.com/profile/08406648840413812209noreply@blogger.com0tag:blogger.com,1999:blog-255474706969497395.post-25682146166866021852012-01-18T16:24:00.002+02:002012-01-19T13:02:31.896+02:00stampkoring is koningEk weet nie wat met my aangaan nie maar ek wil die laaste tyd net stampkoring eet. Ek sit agter my lessenaar by die werk. Ek het 'n bordjie met vars tamaties en gisteraand se koue stampkoring wat ek opgedoen het met 'n dash olyfolie, mayonnaise, vars tiemie, feta kaas, sout en swart peper. Dis wonderlik EN cheap! Dis vir my so eienaardig dat 'n mens ou, eenvoudige kosse vergeet en dis nie 'n vergeet gebore uit afgryse nie!

Stampkoring, pearled wheat of pearled barley kos minder as R10 per pakkie en kan heerlik in plaas van rys en selfs pasta geregte gebruik word. Jy spoel dit eers lekker skoon. Maak die pot vol vars water. Jy benodig seker so 3 koppies vars water per koppie koring. Dan bring jy die lotjie tot kookpunt en laat dit dan prut vir so 20-30 minute. As die water begin verdwyn kan jy dit ook so bietjie droog stoom.

Ek het gisteraand 'n heerlike "butter chicken" gemaak wat baie lekker saam met die koring gaan. Dis nou so helwarm hier by ons dat mens nie krag het vir enige iets wat moeite verg nie. Ek grawe toe so halfhartig in die koskas en kom af op 'n amper vergete pakkie Ina Paarman butterchicken cook-in sousie. Hoenderposies, uie, knoffel en 'n gryp gemmer word dadelik in die pot gebraai. Sny 'n handvol elk van die volgende - wortels, patats en baby marrows (ek het nie 'n clue wat dit in Afrikaans is nie). Sampioene sal ook werk. As jy dalk 'n blikkie borlotti of butterbeans het - gooi dit ook in maar raak net eers van die water ontslae! Iemand vertel my die ander dag hoe sy sommer so blik en water en alles ingooi! Nee man sies.

Die oomblik wat die porsies lekker goudbruin is, gooi jy die groente in en voeg tannie Ina se sousie mooi egalig bo-oor by. Sit die deksel op en laat stadig prut vir so 45 minute. Op daardie stadium is dit so warm in die kombuis dat ek dadelik deur die swembad spring en dit volg deur 'n gallon koue water te drink!

Die huis is nou half donker, die kinders slaap. As jy 'n koue witwyn het, gooi dit in twee glase. Skep die heerlike butterchicken mengsel oor die koring. Eet dat die sweet so loop maar dis tongklap lekker!

Nabetragting: oor die algemeen probeer ek kosmakery nastreef wat fees vier met dit wat basies, lekker, heilsaam en gesellig is. Daar is ook by my 'n soeke na outydse waardes en resepte wat iets meer wil sê van die kok en die eters. Soms, soos gisteraand, is dit egter nodig en selfs lekker om te kyk na wat jy het en dan interesante kortpaaie daarmee te volg. Ek sal meestal sê dat mens byvoorbeeld jou eie kerrie mengsel in die pan moet aanmaak. Maar al wil ek ook hoe graag, kan ek nie altyd uitkom by die klein spesery winkels soos Atlas Trading in die bo-Kaap of Spice Mecca in Durban se dorpskern nie. Dan moet 'n mens bietjie sif deur wat beskikbaar is en daarom voel ek dat Tannie Ina uitstekende, gesonde opsies verskaf om jou net twee keer te laat dink voordat jy Panarotti's bel!Williehttp://www.blogger.com/profile/08406648840413812209noreply@blogger.com1tag:blogger.com,1999:blog-255474706969497395.post-88148824274238775392012-01-09T16:26:00.000+02:002012-01-10T09:28:18.301+02:00hoenderlewer met 'n chakalaka twist

Oor die afgelope kersvakansie het my suster my bekend gestel aan die lekker gereg. Dit is verslawend lekker en baie maklik. Jy kan die resep ook aanpas afhangende van die stand van jou koskas en beursie. Wat jy benodig is min of meer die volgende:

Pakkie hoenderlewer

So knertsie brandewyn

Groot ui en 'n paar knoffelhuisies, mooi fyn gesny

1 blikkie chakalaka, koop eerder die mild een

1 botteltjie vars room

handvol vars fyngesnyde pietersielie, dhania sal ook werk dink ek

lekker vars brood, ciabatta werk lekker

'n Grypie sout en peper

Nou braai jy die uie en knoffel in 'n pannetjie met olyfolie. Sny die hoenderlewer so klein bietjie fyner maar moet dit nie omskep in maalvleis nie! Voeg die lewer, brandwyn en chakalaka by en laat dit so bietjie prut terwyl jy jou houtlepel toedien in sirkelformasie. Moenie gaan karwas terwyl jy wag nie maar 'n vinnige stoei met jou laaitie op die mat sal net die regte tyd gee.Voeg die vars room, sout en peper by en maak seker die bakkies is op die tafel met die vars brood op die kant. Maak die wyn oop en skink vir die mense. Skep die sopbakkies so halfvol en gooi vars pietersielie bo oor. Nou breek jy die vars brood en sleep dit so deur die dik sous - chakalekka! Maak seker dat jy genoeg maak en moenie te veel beplan vir jou hoofgereg nie, die ouens gaan hulle knuppeldik eet aan die enetjie. Lewer is nie gewoonlik trendy nie maar ek belowe jou die upstairs mense sal ook hulle borde uitlek!Williehttp://www.blogger.com/profile/08406648840413812209noreply@blogger.com0tag:blogger.com,1999:blog-255474706969497395.post-62364324094712658162011-11-03T15:06:00.004+02:002011-11-08T14:16:43.641+02:00messe

Een van die mees basiese dinge in kosmaak is seker die messegoed wat gebruik word. Sommige mense se lewens is 'n bietjie soos hulle messegoedlaaie - deurmekaar, stomp en sommer net moeg. My raad is om 'n paar rand te spandeer op ten minste twee goeie messe. Wat jou deurmekaar en stomperige lewe betref, ek het nie antwoorde behalwe om jou aan te moedig om dit reg te pak nie! Moenie die nuwe messe in dieselfde deurmekaar laai in foeter nie, koop 'n magneetstrokie, sit dit teen die muur vas en dan is jou messe sommer naby. Of, as jou beursie dik is en jy kan 'n hele stel bekostig, kan dit sommer staan in die hout meshouer langs jou stoofplate.

Hoe dit okal sy, kry lekker skerp messe. Die eerste mes wat jy koop moet 'n chef's mes wees van so 17cm. Daar is genoeg stof beskikbaar op die internet as jy wil oplees. Messegoed is baie individueel. Ek het 'n Wϋsthof mes wat baie swaar en formeel en tipies Duits is.

Europese chefs mes

Santoku mes

So jaar of twee gelede het ek 'n Santoku mes gekry wat totaal anders as my swaar mes is. Aan die begin was dit heeltemal te lig vir my. Ek het ook myself die hele tyd raakgesny. Nou raak ek skaars aan die tradisionele mes en gryp ek meestal die Santoku. Maar sy is Japanees, baie touchy en lief om vingerpunte af te sny. 'n Beter mes gaan jou nie noodwendig magically 'n beter kok maak nie. Jy moet steeds die basiese dinge leer. Maar om 'n wortel te julienne met 'n skerp mes is darem net beter.

Die tweede mes wat ek sou aanbeveel is 'n lekker skerp nuts messie. Hiermee doen jy al jou prep werk:

Paring knife

Nou het jy die mes. Die volgende uitdaging is om nie jou vingers te sny nie. Hou die mes so vas:

houvas

Nou gryp jy 'n ui. Dit voel vir my soms asof ek my hele lewe lank uie sny. Kyk maar net hoe sukkel mense met uie dan verstaan jy hoekom hulle slegte kokke is. Hier is 'n paar nuttige fotos wat dit stap vir stap wys:

'n Ou vriendin vertel eenkeer dat sy gehoor het dat mens uie onder die water moet sny want dan huil jy nie so nie. Die probleem daarmee is dat jou asem sal opraak voor die ui klaar gesny is!

Ek hoop die effense boring mesartikel help darem. Ek het dit seker so drie keer amper uitgevee omdat dit so half voel na 'n lessie. Ek haat lessies want ek glo daarin om my pad organies te vind. Ek moes egter net daaroor skryf omdat ek nie kan glo wat mense elke dag mee kook nie! Mense spandeer hulle geld op nuwe selfone en gimmicks maar kook met stomp, afgeleefde messegoed!

Tot volgende keer. Sorteer daai bleddie laai uit.

Williehttp://www.blogger.com/profile/08406648840413812209noreply@blogger.com0tag:blogger.com,1999:blog-255474706969497395.post-75354847339674544082011-09-23T14:51:00.000+02:002011-09-23T14:51:49.620+02:00risotto met beet, bokmelk kaas, okkerneute en tiemie

Hierdie is nou wat my betref 'n romantiese etetjie. Nie Julio Iglesias romanties nie...nee o hemel niks verdien Julio nie! Laat ek weer probeer, sonder om my naam weg te gooi...mmm wat van Norah Jones? My vrou weet dat as Norah Jones ooit "come away with me..." vir my sing is ek net weg. Okay, kosblog, kosblog, kosblog, fokus.

Wat ek hou van die beet kombinasie is dat dit die risotto mooi pienkrooi kleur en dit natuurlik heerlik proe. Wat benodig jy:

250g risotto

450g baba beet - kleiner is beter

600ml groente aftreksel
50g plaasbotter

2 knoffelhuisies, fyngesny

2 teelepels vars tiemie, of gedroog as dit al is wat jy het

150ml rooiwyn

75g okkerneute, rof gesny

125g sagte bokmelk kaas

1 ui, fyngesny

2 handevol parmesan kaas

1 handvol rocket

Kook die beet todat jy die skilletjie met jou hande kan afkrap. Word to the wise - dra handskoene anders gaan Norah Jones nie met jou weggaan nie omdat jou weird rooi vingers haar sal uitfreak. Hou die beetwater in die pot en voeg die groente aftreksel daarin. Nou begin jy soos gewoonlik met botter, uie, tiemie en knoffel wat jy in jou ou groot kastrol smelt. Voeg die risotto by en roer deur todat die korrels so deursigtig begin blink. Gooi die rooiwyn by en skink sommer vir jouself enetjie on the side...

Wanneer die wyn begin borrel roer jy jou eerste lepel aftreksel by en gaan so aan. Hier kan jy nou aangaan todat die risotto amper gereed is. Nou kan jy een van drie dinge doen. Jy kan die beet net in blokkies sny en dit saam met die parmesan en 2/3 van die okkerneute deur roer. Jy kan ook die beet in 'n voedselverwerkker sit en die beet mousse saam met die ander goed deur roer. As jy wil kan jy die blokkies beet besprinkel met balsamiese asyn en olyfolie en in die oond bak, en dit dan deur roer.

Nou steek jy kerse aan, skink wyn en skep op elke bord beautiful pienk stuff waaroor jy die laaste okkerneute, rocketblare en parmesan skeersels strooi. Ook nog 'n paar druppels olyfolie. Come away with me in the night...
Williehttp://www.blogger.com/profile/08406648840413812209noreply@blogger.com0tag:blogger.com,1999:blog-255474706969497395.post-16647387492011503442011-08-30T09:19:00.003+02:002011-08-30T09:20:56.289+02:00geposjeerde eiers
Ek weet helfte van julle gaan dink wie se ma se geposjeerde...nee! Dit gaan hier oor iets so wonderlik en so dekadent dat jy nadat jy dit geproe het, heeltemal sal afsien van enige mediese advies teenoor eiers. Ek maak dit nog erger, ek hou van die eggs benedict waar jy die moeder van Franse souse, die Hollandaise sous, byvoeg. Dit bestaan uit BAIE botter. Belowe net jy sal dit ten minste een keer per maand vir jou hart se punt in die bed gee of nog beter vir jouself op 'n Sondag aand voor die MNet movie. Ek reken dat jy dit in enige verhouding kan gebruik om ongeveer 50% nader aan 'n gelukkige verhouding te wees.

Om eiers te posjeer in sjef skole is wild, en daar is meer as een aspirant sjef wat al sy tande op dit stukkend geval het. Die mense werk met water en asyn en die tegniek is min of meer ewe moeilik en het dieselfde kans op sukses om gestopte seekoei gaar te kry. Koop by 'n kombuiswinkel so yster pannetjie (foto):

Dit kos minder as R100. Myne staan in een van my panne op sulke voetjies en het 3 holtjies waarin ek net die eir breek. Dan voeg jy bietjie water in die pannetjie, sit die deksel op en laat so 4-5 minute stewig prut. Onthou om net onder in holtetjies bietjie olyfolie te smeer sodat die eiertjies mooi glad uitkom.

Ek vat gister se ciabatta, rooster dit lekker in die oond. Nou keer jy die eier daarop uit. Gooi lekker hollandaise sous bo-oor en as jy wil, bietjie vars kruie. Dis ook lekker om die eier op watercress neer te sit op die brood en dan die sous bo-oor. Dit laat jou darem voel asof jy iets effens gesond en vars eet. Kyk nou hoe almal hulle wonderlike eier oopsny en die sagte binnekant saam met die ryk sous opslurp. Ek is werklik jammer vir diegene wat nie eier eet nie. Ek sal nog die ander tipe eiers uit my lewe kan sny maar nie vir poachy-poachy nie!

Hollandaise Sous

Jy benodig:

3 eiergele

1 eetlepel water

1 eetlepel vars lemoensap

1 koppie botter, gesmelt maar nie bruin nie

1 grypie rooi peper of paprika

Sout en peper na smaak

Klits die drie eiergele, water en suulemoensap todat dit effens dikker en valer word. Smelt die botter langsaan baie saggies, amper net af van smelt af.

Nou moet jy die wyn neersit en die kinders uit die kombuis jaag want die job kan jy nie doen met skreeuende gesiggies en geraas rondom jou nie. Giet die eiermengsel in ‘n klein souspannetjie oor laerige hitte en klits eweredig – jy wil nie roer eiers hê nie. Lig die pannetjie gedurig van die hitte af as dit wil begin klonte vorm. Jy sal sien dit raak amper skuimerig en dik. Haal dit af van die hitte af en begin die botter bietjie-bietjies byroer. Soos die botter begin emulsifiseer (sien ek ken ook fancy terme) kan jy groter hoeveelhede byroer todat alles opgeneem is in die sous.

Voeg nou die sout, peper en rooipeper by terwyl jy nog bly roer. Jy kan selfs nog ‘n bietjie suurlemoensap bysit maar doen dit druppel vir druppel tewyl jy bly roer. Siedaar, jou Hollandaise is gereed.
Williehttp://www.blogger.com/profile/08406648840413812209noreply@blogger.com0tag:blogger.com,1999:blog-255474706969497395.post-6028959724415366252011-08-15T12:36:00.001+02:002011-08-15T12:37:30.396+02:00risotto alla vegan

Ek wonder partykeer hoekom ek myself aan hierdie uitdagings oorlewer? Maar hoe nou gemaak as jy dierbare vriende kry vir ete en hulle is amper vegans. Volgens Wikipedia is hulle sogenaamde "Lacto-vegetarians" of mense wat geen vleis of eiers eet nie maar wel sekere suiwel produkte. Maar my probleme stop nie hier nie, die vriende drink ook geen alkohol nie en ek is baie lief om te kook met wyn en ander vorms van booze! Natuurlik proe ek ook so van tyd tot tyd net om seker te maak dat die wyn goed genoeg is vir die kos!

Ek besluit om Risotto te maak. Die laaste ding wat el wil doen is om hulle af te skeep met iets soos gestoomde broccoli met 'n wortel as bykos! Risotto is comfort food en ek glo dat dit enige iemand vol en gemaklik kan laat afgly teen sy stoel. Die regte risotto is 'n rys, sogenaamde Arborio rys en daar is nie 'n eier naby nie. Wees net versigtig, mens kry ook 'n pasta rys wat soms as risotto bemark word. Ek gebruik wilde en bruin sampioene as my basis. Mens kan ook nie sommer enige kaas gebruik nie. Pecorino en ander kase het baiekeer 'n diere byproduk in wat 'n "rennet" genoem word, en dit help met die stollingsproses. Wat wel veilig is, is Gruyere kaas. Daar score ek want dit is 'n wonderlike kaas, ryk en romerig maar skerp genoeg om lewe te gee aan my risotto.

Nou moet ek die wynprobleem oorkom. Wanneer jy risotto maak moet jy wyn redelik vroeg in die proses byvoeg. Dit word heeltemal weggekook so mens sou seker kon redeneer dat daar geen alkohol oor is nie maar uit respek vir my vriende het dit nie reg gevoel nie. Wat gee wyn jou nou eintlik in kos? Smaak, ja sekerlik maar wat anders? Eintlik is dit maar net suurkwaliteite of accidity. Kosmaak is mos maar soos die lewe, jy probeer balans inbou. Die balans van verskillende smake gee 'n diepte. Partykeer maak mense kos met geen diepte nie omdat hulle net 'n halfliter room oorgooi en dan dink dit behoort lekker te wees. Interessante kos is kos wat bestaan uit 'n bousel van vae smake, soms skerper smake en bo alles verassende vars smake. Ek dwaal alweer maar ek kan nie help om kosmaak te bind aan die lewe nie.

Dis vraagstukke in my lewe, wat my partykeer wakker hou in die nag. Het my lewe genoeg genuanseerde plekkies waar ek verkillende aspekte van my persoonlikheid in balans kry en my plek in my gesin, my gemeenskap, my land en die universe met liefde vul? Ek weet nie, maar as ek staan voor die kospotte is dit dieselfde vraagstukke waaroor ek wonder. Moet ek die grypie chillie hier ingooi en hoeveel gaan dit brand? Maar as ek hom nou ingooi en genoeg tyd gee om agter in die koor te gaan staan word hy dalk die treksel room se beste vriend omdat romerigheid met 'n klein byt in agtergrond tog beter is as net plein boring romerig. So my raad: speel met kruie en speserye, speel met die verskillende balanse en moenie bang wees om te waag nie - ook in jou lewe!

Reg, ek is so afgedwaal dat ek nie weet waar ek was nie. Lang storie kort, vervang wyn met groente aftreksel en so treksel wit druiwe asyn of suurlemoensap. Volg dieselfde basies resep vir risotto wat ek al gedoen het. Al verskil is die groenteaftreksel, die asyn en aftrekselmengsel in plaas van die wyn en die gruyere kaas. Saam met die sampioene, gruyere, vars origanum en pietersielie en siedaar - die vegetarian express verlaat die stasie.Williehttp://www.blogger.com/profile/08406648840413812209noreply@blogger.com1tag:blogger.com,1999:blog-255474706969497395.post-17612350859951260732011-07-12T12:33:00.000+02:002011-07-12T12:33:49.192+02:00alles-wat-ek-in-die-yskas-het pasta

Die wat my ken sal weet - ek is swak op 'n Vrydagaand. Vrydagaande haal my 40 jare my in. Dis amper soos wanneer mens 'n lang pad gery het na 'n vreemde plek en die laaste kilometer ry op 'n tweespoor grondpad met die lang grasse vat onder die kar skraap. Die tipe plekke wat jy jou kar se ligte moet aanhou om te sien watter bungalow joune is. Netso is Vrydagaande vir my 'n potluck aand. Ek weet dat ek eintlik nie wil uitgaan nie, uitgaan is net te veel. As ek dan nou moet sal ek iemand nooi, iemand low maintenance. Die tipe vriend wat saam met my in die geselskap aan die slaap kan raak.

Oor die gevoel van Vrydagaande wil ek in die woorde van Umberto Eco uit Foucault's Pendulum aanhaal: "I have understood. And the certainty that there is nothing to understand should be my peace, my triumph.". So daar is niks om te verstaan of om oor te tob nie, jy is moeg maar gryp jou voorskoot, skink die wyn en skuiwe effe nader. Die idee is om 'n alles-wat-ek-in-die-yskas-het-pasta te maak.Wat gebruik ek:

1 pak tagliatelle of penne pasta sal werk

1 medium ui

1 pakkie skouerspek (Vir die veggies, vervang dit met tofu of wilde sampioene)

2-3 knoffelhuisies

'n grypie gedroogde chilli

'n teelepel medium kerrie

1 geel en 1 rooi pepper

1 pakkie sampioene

1 koppie kersie tamaties - in halwes gesny

1 lekker handvol parmesan kaas

250ml room of 3 eetlepels mascarpone kaas

vars origanum en basil (gedroogdes sal ook werk)

sout en peper

200ml brandewyn

Opsioneel: ertjies of mielies of aspersies

Ek begin om alles lekker op te sny. Dan kry ek my uie in die pan aan die gang - met olyfolie natuurlik. My spek sny ek in klein blokkies en rangskik oor 'n bakplaat om lekker goudbruin te rooster in die oond saam met die kersie tamaties. Voeg die kerrie, knoffel, chilli en gesnyde sampioene by die uie en laat stadig aanstap. Nou voeg jy die brandwyn in en draai die hitte op. Vat 'n vuurhoutjie en steek die vloeistof aan die brand terwyl jy nie gebukkend oor die pan staan nie! As jy mense het sal hulle suitably impressed wees terwyl jy nonchalant maak asof die blou vlamme elke dag uit jou panne verrys en nee dis nie rook wat uit jou ooghare trek nie...

Die vlam sal nie hoog wees nie en mettertyd laer brand en doodgaan, dit raak van die alkohol ontslae en die bitter smaak wat daarmee saamgaan. Verminder die sous tot amper droog. Teen die tyd behoort die tamaties en spek lekker bruin gebak te wees, haal dit uit die oond,voeg by die mengsel en roer deur. Nou kan jy jou room en origanum bysit en die hitte heel af draai, of as jy werk met 'n swaar yster pan dit heeltemal afsit. Onthou jy wil nooit die room laat kook nie.

Kook gou jou pasta - onthou om dit nie pap te kook nie. Dit gebeur soms as die wyn oop is en jy te lekker staan en klets. Ek het my tagliatelle mooi egalig uitgekrap op 'n mooi groot plat bord, die mengsel mooi in die middel geskep, die vars basil blaartjies oorgestrooi , bedruip met bietjie olyfolie en dit saam met chardonay of beaujolais, en vars parmesan op die voorgesit. Vrydagaande kan tog lekker wees.Williehttp://www.blogger.com/profile/08406648840413812209noreply@blogger.com0tag:blogger.com,1999:blog-255474706969497395.post-18339660640566014232011-05-16T09:43:00.000+02:002011-05-16T09:43:38.478+02:00kaas fondue

Kaas fondue is wonderlik, maklik om te maak en gesellig om te eet. Wees gewaarsku dat dit ryk is, ek het in die baie donker oggend ure van Sondag oggend die prys betaal vir my hedonisme. Ek sal dit weer doen!

Wat ek gebruik het:

600g kaas - ek het 'n mengsel van Gruyere, Emmental en Camembert gebruik en dit in klein blokkies gesny

300ml witwyn - die res drink jy

3 teelepels Maizena

3 eetlepels brandwyn - die ware Jacob is eintlik Kirsch maar ek was te stingy om dit spesiaal te koop

1 geskilde heel knoffelhuisie

'n paar lekker draaie swart peper

'n goeie grypie neutmuskaat

lekker vars brood in blokkies gesny

enige vars groente - ek het blomkool, broccoli, aspersies, wortels, klein slaai mielietjies vinnig in die pan gestoom om net effens sagter te word

ek het bockworst en stukkies van daai gekrummelde hoender bites ook gehad.

enige iets anders, behalwe jou ouma, wat jy wil dip

Nou moenie dieselfde fout as ek maak en vergeet om blou sprits te koop nie want dan gaan jy (soos ek moes maak) jou voorskoot moet uitrek en winkel toe ry in die koue. Gooi jou blokkies kaas in die pot saam met die wyn en bring tot by kookpunt. Die kaas sal smelt. Tip: sny die skilletjie van die Camembert af want dit sal nie smelt nie. Roer gereeld en proe-proe aan die wyn wat oorgebly het. Draai die pot af tot baie stadig. Nou voeg jy jou Maizena en die brandwyn in 'n mengbeker saam en roer tot opgelos. Gooi dit saam met die heel knoffelhuisie in die pot en roer. Voeg die swartpeper en neutmuskaat by en sit die pot op jou fondue brandertjie. Kyk nou hoe lekker dip ons. Dis dip en gesels, dip en gesels...Williehttp://www.blogger.com/profile/08406648840413812209noreply@blogger.com0tag:blogger.com,1999:blog-255474706969497395.post-79813035097528339722011-04-15T15:23:00.003+02:002013-02-14T15:10:06.279+02:00gebed van 'n kokEk was onlangs by die KKNK in 'n show van Lise Beekman waar sy die wonderlikste wense vir die gehoor in die vorm van 'n liedjie gesing het. Dit laat my toe dink aan die emosies wat in my hart aangaan wanneer ek (veral) vir spesiale mense kook. Hoe verwoord mens dit? Jy sny uie, haal die skilletjies van die knoffel af of rol die tuna in peperkorrels terwyl jy die heeltyd dink hoe dit gaan proe en hoop dat die mense dit geniet. Dis so suiwer en eintlik intiem om die basiese brandstof vir ons bestaan voor te berei vir mense. Jy sorg op die manier so fundamenteel vir iemand en jy kan dit boonop sonder woorde doen. Maar hier is my lomp woorde om te probeer beskryf wat ek voel as ek kook.

ek staan voor my snybord, effens moeg van die dag

dis 'n altaar vir die goddelikheid binne my

wat kreatief sorg dat die aarde se krag deur my hande gemanifesteer word

ek staan met my voete gemaklik uitmekaar geplant, my rug reguit my skouers terug

ek hou die mes saggies maar ferm, nes my skepper my vashou

soos wat dit voorentoe en agtertoe gly oor blare en stammetjies

rooies en groenes

rondes en dunnes

binnes en buites

ek ruik neut en koljander

wortels en seldery

en voel growwe meel en maalvleis

sagte gedroogte pruime en mielie baarde

beelde van mooi klei borde en tafels vol kaas

wynglase en blomme en boere se markte

dans in my kop en ek droom

van vars lug en sonskyn en kinders se laggies

die kos is nektaar van die hemel wat ons gees vervul

en ons liggame verkwik en

ek is dankbaar

amenWilliehttp://www.blogger.com/profile/08406648840413812209noreply@blogger.com0tag:blogger.com,1999:blog-255474706969497395.post-61458454194408878512011-03-24T12:10:00.000+02:002011-03-24T12:10:02.652+02:00humble pie

Ek het iewers in die blog al geskryf oor hoe belangrike rol die eier in my lewe gespeel het. Dis altyd vir my verassend hoe kos, en veral eenvoudige kos, mens kan terugvat na tye en ervarings in jou lewe. Jy ruik 'n appelkoos of proe kaneel dan is jy in jou eie time machine oppad na jou verlede! So is dit vir my met die "pie"

Wat my hieraan laat dink het is 'n stop die ander dag by Houwhoek padstal net anderkant Grabouw. Hulle maak die mees ongelooflike vars pies. Jy koop die worsrol. Of anders gestel - jy trip die vrou langs jou oppad na die toonbank toe want jy weet sy wil die laaste vier worsrolle vat. Dan koop jy vir jou 'n vars volroom melk want sien pies is the spreekwoordelik "gift that keeps om giving" van sooibrand.

Wat jy nou doen is om te ry met die melk tussen jou bene en die pie in jou hand. Ou pie eters sal dit gemaklik doen. Hulle kry nie van daardie waspapier tussen julle tande nie, hulle verander gemaklik ratte met geselekteerde skoon vingers tussen die pie en melk deur.

Daardie Houwhoek worsrol is vol ongelooflik maalvleis gegeur met uie en kruie. Dit is so lekker dat jy die kwaaikyke van die getripte tannie wat met steak en kidney tevrede moet wees, gemaklik verduur. As jong kind het ek soms saam met my pa op 'n Saterdag as hy moes gaan werk ingegaan stad toe. Dan het ons 'n haircut by die barbier gekry (haircut van hel waaroor ek nou nog met terapeute moet praat) en 'n pie gekoop. Die humble pie is deel van ons kultuurgoedere. Om hom reg te bak is 'n kuns. Die grootmaat pie mense het ongelukkig die kuns verloor. Al veg dit teen Mac Donalds en Steers is dit vir my steeds koning, koning vir die man op straat. Stop volgende keer by Houwhoek padstal en gryp daai worsrol!Williehttp://www.blogger.com/profile/08406648840413812209noreply@blogger.com0tag:blogger.com,1999:blog-255474706969497395.post-48375440566583580602011-03-07T12:03:00.002+02:002011-03-07T15:51:12.100+02:00springbok boud

Ek is maar soos menige stadsjapie skrikkerig vir wildsvleis. Nie skrikkerig om dit te eet nie maar vir die maakslag. Dit voel net soms asof wild baie werk is. As jy dit boonop nie regkry nie kan dit maar wilderig oneetbaar wees! Ek het al geskryf hieroor in die blog toe ek gepraat het van hoe Leipoldt in sy "polfyntjies vir die proe" en "Cape Cookery" geskryf het oor die snaakste eetbare dieresoorte soos flaminke en seekoeie. Ek vermoed dat daar nie sommer uit my pen 'n seekoei resep sal vloei nie maar ek wil darem 'n springbok boud eetbaar kan voorsit.

Die naweek kry ek die geleentheid om met 'n ontbeende springbok boud te werk. Ek besluit toe dat ek nie lus is vir die lang proses in die oond nie. Nee, ek gaan die boud direk braai op 'n riffel yster plaat ala steak. Dapper of dommerig is die eerste twee woorde waaraan ek kan dink. Die ander uitdaging is dat ek by ander mense se huis met hulle kookmiddele en speserye moet werk.

Dis wat jy doen: Jy maak seker die boud is heeltemal ontvries. Moet tog nie halfbevrore vleis braai nie, dit val vir my in die kategorie van coke oor vleis. Don't go there. Ek maak toe 'n mengsel van wat ek kan vind. Balsamic vinegar, sout, peper, knoffel, chutney, soy sous, olyfolie, tamatiesous en mostertpoeier. Ek meng dit toe saam en gooi dit bo-oor die boud om vir so 2 ure te marineer.

Nou sny ek die ergste senings af en sny die hele boud in min of meer ewe groot stukke. Ai, hoe mis ek my vlymskerp Santoku mes! Min of meer steak porsie grote is wat jy hier wil kry. As jy die mote nie eweredig sny nie sal jou vleis nie eweredig gaarkom nie. Nou maak ek 'n rooiwyn reduksie sous - dis maklik, braai bietjie uie, knoffel en sampioene in 'n pannetjie. Gooi so koppie rooiwyn by en laat stadig prut todat die wyn omtrent 2 derdes minder is. Gooi nou so 200 ml hoenderaftreksel by en laat nog verder baie stadig reduce todat jy so 100 ml lekker stroperige sous het. Plaas eenkant en skink vir jouself 'n werlverdiende glasie Shiraz. So gepraat van Shiraz, ek het my onlangs vergryp aan 'n 2008 Anatu Shiraz. Dis 'n ou skoolvriend van my se wonderlike skepping. Dit proe asof jy 'n stuk Lindt sjokolade in jou mond saam met rooiwyn rondspoel - absoluut wonderlik!

Ek gebruik 'n dik riffel pan wat amper blou warm moet word op 'n gasbrander. Jy kan dit ook op die kole doen, maar sorg dat jy egalige warm kole het. Op die stadium moet jy nie worry oor bykos nie. Myne was net verskeie groente in 'n oondbak op grill met baie vars kruie en olyfolie. Ek sit die stukke vleis neer op die riffel pan en die rook trek behoorlik! Moenie lol aan dit nie, jy los dit en wat gebeur is dat die vleis sal wegtrek van die pan af sodat jy dit kan omdraai. Maak maar net seker dat dit nie te erg brand nie, gelukkig sal die riffel pan dit mooi egalige strepe gee. As die vleis so medium/ rare is (afhangende van jou smaak) haal dit af, en laat rus eenkant. Gee jouself nog tyd vir een van André se lekker glasies Anatu.

Pak die vleis mooi uit op jou ouma se platbord en strooi die dik rooiwyn en sampioen sous so mooi oor alles. Sit aan met jou geliefdes en weet verseker - al is springbok rugby nie jou redding nie sal springbok vleis jou nooit in die steek laat nie!Williehttp://www.blogger.com/profile/08406648840413812209noreply@blogger.com0tag:blogger.com,1999:blog-255474706969497395.post-28843487755193988932011-02-25T13:33:00.002+02:002011-02-25T13:39:17.686+02:00middel van die week vissie

So kruip ek die ander dag by die huis in. Eers by die deur in en toe op met die trappe. Dis deadlines in ons depot en dit gaan wild. So wild dat ek 3 uur die middag skaars tyd kry om te gryp na 'n stukkie brood met 'n mengsel van sandwich spread en redro op. Dis bleddie sleg maar keer dat ek flouword! Ons hardloop so dat ons vergeet om te eet. By die huis gekom is my beter helfte met iets besig wat lekker ruik. Om myself nie hier onder sensuur te plaas nie maar darem tog die konteks te skep - sy hou nie van kos maak nie. Sy hou nog minder van vis. Sy is 'n boerenooi en vir haar moet jy aan die kant 'n rolletjie wors en 'n chop braai.

Tog eet sy eet vreeslik sushi maar om een of ander rede is witvis en "god forbid" die vel daarvan, nie hoog op die lys nie. So kyk ek oor haar skouer en sien sy is besig met 'n pakkie stokvis. Nou wat stokvis betref, hy is nie myns insiens meer edel as pilchards nie. Om die waarheid te sê pilchards proe na meer. Maar stokvis is amper soos snoek in die kaap, armansvis en verdien daarom tog ons respek.

Sy vertel my oor die resep en ek is maar te bly om die teuels oor te gee vir die aand. Ek doen die meeste kookwerk in ons huis maar vanaand wil ek net stort, 'n lekker whisky on the rocks ingooi en met my tweeling puzzle bou.

Hier is haar basiese resep. Sy vat die stokvis, doop in meel (waarin sy verskeie speserye gegooi het), dan in die geklitste eier en dan in fyngemaakde chips. Plaas dit dan op 'n plat oondbak. Die chips was, as ek reg onthou, sommer gewone Lays sour cream and chives geur en was nie te fyngemaak nie. Jy kan dit sommer in die pak druk met jou hande. Sy het die oondbak goed met olyfolie gesmeer voor die tyd.

Nou bak sy die vis so 10-15 minute teen 200 grade. Vir bykos maak sy 'n lekker mash van patat en aartappel gemeng en bedien dit saam met die vis met die mash gevorm in 'n nessie gevul met lekker ertjies. Ons eet nou lekker. 'n Happie vis wat so lekker kraak, danksy die chips met die sagte geurige mash en ertjies. Ai, dis darem lekker om eenvoudig en smaaklik te eet! Dankie my liefie vir die bederf.Williehttp://www.blogger.com/profile/08406648840413812209noreply@blogger.com0tag:blogger.com,1999:blog-255474706969497395.post-84097716280972695682011-01-26T14:49:00.001+02:002011-01-27T09:25:09.912+02:00pathcare danksy Spur

Ek bevind my vanoggend in Pathcare. 'n Vastende bloedtoets om my kolesterol te bepaal. Die rede: Spur steakranches. Ok, miskien moet ek die storie van die begin af vertel. Toe ek eerste jaar op Stellenbosch was, was die Spur 'n luuksheid wat ek nie met my karige sakgeld kon bekostig nie. Sederdien hou ek my upstairs want ek hou mos van kosmaak en glo dat die oorgewig massas wat tussen die olierige cheddamelt sous, balonne en karton indiaan vere wriemel, altemit iets mis in die lewe. So ek is 'n snob.

Die universe trek toe mos nou 'n mooi truuk op my. Ek het 'n 3 jarige tweeling. Ek hoef niks meer te verduidelik nie want julle weet mos. Julle weet hoe ek by pathcare uitkom. Ek het gisteraand vir die tweede keer in twee weke by Spur uitgehang. Twee keer na amper 20 jaar van nooit soontoe gaan nie. My kinners hardloop uitbundig rond en spring op die jumping castle wat so taai is dat mens dit kan gebruik om brommers te vang. Ek sit met dieselfde cheddamelt burger en pienk kondensmelk basis sous op my chips waarna ek gesmag het op universiteit. "Jy dink jy's cooler as ekke" van Jack Parow kom by my op.

Gisteraand strompel ek uit die kooi op soek na rennies. The revenge of the mutant cheddamelt is swaar op my 40 jarige sisteem. Patcare...

Ek vra myself af hoekom dit gebeur? Gisteraand kyk ek om my. Die Spur is tjok en blok vol. Dit, in ons ekonomie, en op 'n weeksaand. Ek wil skree: "laat my toe om vir julle almal te kook, dis goedkoper, gesonder en lekkerder" Maar om my sit (oorgewig) paartjies gelate en gesels. Kindertjies speel op die taai kasteel. Voor hulle op die borde is alles toegegooi in pienksous. Mense is seker maar so opsoek na kindervriendelike en daardie "ek weet wat ek kry" gevoel dat hulle nie omgee oor die ghries nie!

En ek? Nee, hemel help my - nooooooooit weer nie. Vergewe my want ek het verkeerd gedoen. Ek wonder hoeveel kos 'n jumping castle?Williehttp://www.blogger.com/profile/08406648840413812209noreply@blogger.com0tag:blogger.com,1999:blog-255474706969497395.post-80405471364572215872011-01-04T09:12:00.001+02:002011-01-04T09:18:05.762+02:00kalkoen vir krismis

Dis so 'n ou tradisie om kalkoen vir kersfees gaar te maak maar ek wonder of my huiwering om dit te doen gebore is in 'n wantroue van dinge amerikaans? Kan wees maar ek dink eintlik dis omdat 'n kalkoen se gaarmaak iets is soos die Auerhaan se resep, waarvan Martin Versveld praat in sy philosophers cookbook. Die (Auerhaan) resep gaan min of meer so: Jy slag die Auerhaan en maak dit mooi skoon. Dan grawe jy 'n gat, rol die haan in piesangblare, maak dit toe en maak vuur daarop vir so 12 ure. Dan haal jy die haan uit. Jy maak 'n deegmensel aan, vou die haan daarin toe en bak dit in 'n klei oond vir nog 6 ure. Dan haal jy dit uit en gee dit vir die hond.

Die kalkoen wat ek oor die jare beleef het was min of meer so, en dan sou wagter ook soms gestik het aan die vleis omdat dit so droog is. Ek besluit toe die jaar dat ek dit wil maak. My resep is nie my eie nie, ek het rondgeldelf en 'n paar resepte bymekaar gevoeg. Hier is wat jy benodig:

1 x 4 kg kalkoen - moenie te groot gaan nie want dan gaan die hond werklik hom dood verstik!

500 gram plaasbotter

handevol pietersielie en ander vars kruie

1 suurlemoen

6 varkworsies

broodkrummels

500 ml hoenderaftreksel

250 ml room

sout en peper

een pakkie streaky spek

Nou begin ons. Jy moet maar tyd tot jou beskikking hê. Die kalkoen moet ongeveer 30 minute per kilogram in die oon bak en moet so lank rus as wat dit gebak het. Dit is baie belangrik. In my geval was my kalkoen 4 kg so ek het dit vir 2 ure gebak en vir twee ure net op 'n rak laat rus. Vat die kalkoen en raak ontslae van die giblets. Hoe op aarde kan 'n "giblet" lekker wees en waar kom die naam vandaan? Is dit stukkies "goblin" wat in 'n fantasy theme park se drive thru te koop aangebied word? Ek weet nie maar daai goetertjies in plastiek toegedraai is te veel vir my om te hanteer. Ek weet die Franse sou dit as deel van die gravy aangebied het maar volgens my, mnr fransman, is "merde" nie lekker nie!

Dit is belangrik dat die kalkoen heeltemal ontvries is as jy 'n bevrore een gekoop het. So haal dit maar die vorige aand uit. Nou is daar 'n tricky stuk. Meng so halwe blok botter in 'n mengbak met die fyn skil van die suurlemoen en gemengde kruie. Gebruik jou hande! Ok, beskou jou kalkoen vanaf die gatkant. Begin daar en lig versigtig met jou vinger die vel weg van die vleis af. Soos jy aangaan druk jy jou vingers in todat jy jou hele vuis tussen die vel en vleis van die kalkoen kan kry. Ek wil eerder nie hier sê soos wat dit voel nie, dis altemit 'n kosblog... Die idee is dat jy aan beide die bo en onderkante van die kalkoen die bottermengsel indruk. Moenie die vel skeur nie en druk die botter mooi egalig plat regoor die kalkoen. Die ergste is verby!

Nou haal jy die varkvleis uit die worsies en gooi die derms weg. Meng dit, nog vars kruie, growwe sout, peper en broodkrummels en druk dit saam met die heel suurlemoen in die kalkoen se maag in. Probeer die cavity toemaak met tandestokkies en bind die kalkoen se bene bymekaar met tou om te sorg dat alles binnebly. Voorverhit die oond op 180 grade. Plaas die kalkoen met die borskant na bo en smeer sommer van die oortollige bottermengsel regoor aan die kalkoen. Plaas nou jou streaky spek regoor die bokant van die kalkoen. (Sien die foto) Dit sal die kalkoen beskerm en sorg dat dit nie uitdroog nie.

Nou kan jy persente gaan opmaak. Na 2 ure haal jy die kalkoen uit en laat rus vir 2 ure. Nou die heel belangrikste - die gravy! Vat die sous wat uit die braaipan kom, gooi nog 'n klont botter by, 500 ml hoenderaftreksel, nog kruie en so paar van die skywe van die suurlmoen uit die cavity uit en kry die souspannetjie aan die gang. Haal die spek van die kalkoen af, sny bietjie fyner en gooi dit by. Verminder die sous so bietjie. Tip: om 'n sous te reduce laat ut jy dit net todat die oortollige vog verdwyn. Dit veroorsaak dt die geur sterker word. Voeg jou vars kruie en room eers daarna by. Nou gooi jy dit deur 'n fyn sif om van al die growighede ontslae te raak. Nou moet jy mooi konsentreer want as gevolg van die lang proses het jy al 'n bottel witwyn in! Kry jou mense aan tafel en laat die helpers die bykosse regkry. Nou gooi jou gravy terug in die pannetjie en voeg die room by. Laat dit lekker prut. Sny jou kalkoen aan tafel en sien hoe die mense die heerlike warm gravy oorgooi by die kalkoen en die wonderlike geurige stuffing. Ai hoe lekker. Merry krismis.

Williehttp://www.blogger.com/profile/08406648840413812209noreply@blogger.com0