Ok, ek dwaal. Ons besluit toe ons gaan 'n spankompetisie ala Masterschef hou. Ek het vir hulle twee mystery bokse gegee met bestandele as volg:
2-3 Vark filette
1-2 pakke “streaky” spek
Halwe koppie vars basil blare, grof gesny
Halwe koppie vars mint, fyn gesny
2 vars pruime in baie fyn skywe gesny
Growwe swart peper en sout
1 pynappel, geskil en in ringe gesny
2 lekker groot patats
2 eetlepels heuning
Kaneel vir besprinkel van pynappel
Tandestokkies om spek vas te maak oor fillet
Botter en olyfolie
Metode (hulle het dit
nie gekry nie)
Voorverhit oond tot 180 grade C. Klad die fillet droog met kombuispapier. Lê die spek repe langs mekaar op 2 houtborde (genoeg vir 2
filette om in te pas). Meng die basil mint en pruime saam in ‘n mengbak en
besprinkel oor die spek repe. Hou klein bietjie van die kruie eenkant vir
garnering. Nou sit jy die fillet regoor die spek repe en vou die spek
repe oor die fillet, maak die spek bo vas met tandestokkies. Plaas die 2 filette op ‘n bakplaat, sprinkel met bietjie
olyfolie en sit in die oond. Vir elke 500g het jy 30 minute plus ‘n ekstra 5
minute nodig. As dit klaar is haal dit uit en laat dit vir 5 minute rus.
Skil jou patat, sny in wiele en kook vir 3 minute met
bietjie water in ‘n pot. Moenie dit sag kook nie! Braai jou patat ringe met
bietjie olyfolie in die pan todat dit ‘n mooi bruin kleur het. Smeer dit met
bietjie heuning voor die tyd sodat dit lekker karameliseer. Skil jou pynappel, sny in ringe en braai op die griddle pan
todat dit mooi egalige donker strepe op het. Besprinkel daarna liggies met
kaneel en heuning. Plaas eenkant maar maak seker dat dit warm bly. Kry nou jou 4 borde reg, sny 2-3 wiele vark fillet en plaas op
die bord en rangskik die patats en pynappel rondom. Besprinkel met swart peper
en die laaste vars kruie. Jy kan ook bietjie fyn pruime en sjerrie/rooiwyn gebruik en 'n lekker reduction sousie maak om bo oor alles te drup net voordat jy dit voorsit.
En toe gebeur die magic, albei spanne sit voortreflike geregte voor. Die beoordeelaars moes werklik hare kloof om die wenner aan te wys! Geluk aan die wondelike vier kokke, ek hoop om nog lank saam aan tafel met julle te sit.
No comments:
Post a Comment