risotto met beet, bokmelk kaas, okkerneute en tiemie

Hierdie is nou wat my betref 'n romantiese etetjie. Nie Julio Iglesias romanties nie...nee o hemel niks verdien Julio nie! Laat ek weer probeer, sonder om my naam weg te gooi...mmm wat van Norah Jones? My vrou weet dat as Norah Jones ooit "come away with me..." vir my sing is ek net weg. Okay, kosblog, kosblog, kosblog, fokus.

Wat ek hou van die beet kombinasie is dat dit die risotto mooi pienkrooi kleur en dit natuurlik heerlik proe. Wat benodig jy:

250g risotto
450g baba beet - kleiner is beter
600ml groente aftreksel
50g plaasbotter
2 knoffelhuisies, fyngesny
2 teelepels vars tiemie, of gedroog as dit al is wat jy het
150ml rooiwyn
75g okkerneute, rof gesny
125g sagte bokmelk kaas
1 ui, fyngesny
2 handevol parmesan kaas
1 handvol rocket

Kook die beet todat jy die skilletjie met jou hande kan afkrap. Word to the wise - dra handskoene anders gaan Norah Jones nie met jou weggaan nie omdat jou weird rooi vingers haar sal uitfreak. Hou die beetwater in die pot en voeg die groente aftreksel daarin. Nou begin jy soos gewoonlik met botter, uie, tiemie en knoffel wat jy in jou ou groot kastrol smelt. Voeg die risotto by en roer deur todat die korrels so deursigtig begin blink. Gooi die rooiwyn by en skink sommer vir jouself enetjie on the side...

Wanneer die wyn begin borrel roer jy jou eerste lepel aftreksel by en gaan so aan. Hier kan jy nou aangaan todat die risotto amper gereed is. Nou kan jy een van drie dinge doen. Jy kan die beet net in blokkies sny en dit saam met die parmesan en 2/3 van die okkerneute deur roer. Jy kan ook die beet in 'n voedselverwerkker sit en die beet mousse saam met die ander goed deur roer. As jy wil kan jy die blokkies beet besprinkel met balsamiese asyn en olyfolie en in die oond bak, en dit dan deur roer.

Nou steek jy kerse aan, skink wyn en skep op elke bord beautiful pienk stuff waaroor jy die laaste okkerneute, rocketblare en parmesan skeersels strooi. Ook nog 'n paar druppels olyfolie. Come away with me in the night...

No comments:

Post a Comment