messe

Een van die mees basiese dinge in kosmaak is seker die messegoed wat gebruik word. Sommige mense se lewens is 'n bietjie soos hulle messegoedlaaie - deurmekaar, stomp en sommer net moeg. My raad is om 'n paar rand te spandeer op ten minste twee goeie messe. Wat jou deurmekaar en stomperige lewe betref, ek het nie antwoorde behalwe om jou aan te moedig om dit reg te pak nie!  Moenie die nuwe messe in dieselfde deurmekaar laai in foeter nie, koop 'n magneetstrokie, sit dit teen die muur vas en dan is jou messe sommer naby. Of, as jou beursie dik is en jy kan 'n hele stel bekostig, kan dit sommer staan in die hout meshouer langs jou stoofplate.
Hoe dit okal sy, kry lekker skerp messe. Die eerste mes wat jy koop moet 'n chef's mes wees van so 17cm. Daar is genoeg stof beskikbaar op die internet as jy wil oplees. Messegoed is baie individueel. Ek het 'n Wϋsthof mes wat baie swaar en formeel en tipies Duits is.

Europese chefs mes

Santoku mes

So jaar of twee gelede het ek 'n Santoku mes gekry wat totaal anders as my swaar mes is. Aan die begin was dit heeltemal te lig vir my. Ek het ook myself die hele tyd raakgesny. Nou raak ek skaars aan die tradisionele mes en gryp ek meestal die Santoku. Maar sy is Japanees, baie touchy en lief om vingerpunte af te sny. 'n Beter mes gaan jou nie noodwendig magically 'n beter kok maak nie. Jy moet  steeds die basiese dinge leer. Maar om 'n wortel te julienne met 'n skerp mes is darem net beter.

Die tweede mes wat ek sou aanbeveel is 'n lekker skerp nuts messie. Hiermee doen jy al jou prep werk:
Paring knife
Nou het jy die mes. Die volgende uitdaging is om nie jou vingers te sny nie. Hou die mes so vas:
houvas
Nou gryp jy 'n ui. Dit voel vir my soms asof ek my hele lewe lank uie sny. Kyk maar net hoe sukkel mense met uie dan verstaan jy hoekom hulle slegte kokke is. Hier is 'n paar nuttige fotos wat dit stap vir stap wys:

'n Ou vriendin vertel eenkeer dat sy gehoor het dat mens uie onder die water moet sny want dan huil jy nie so nie. Die probleem daarmee is dat jou asem sal opraak voor die ui klaar gesny is!

Ek hoop die effense boring mesartikel help darem. Ek het dit seker so drie keer amper uitgevee omdat dit so half voel na 'n lessie. Ek haat lessies want ek glo daarin om my pad organies te vind. Ek moes egter net daaroor skryf omdat ek nie kan glo wat mense elke dag mee kook nie! Mense spandeer hulle geld op nuwe selfone en gimmicks maar kook met stomp, afgeleefde messegoed!

Tot volgende keer. Sorteer daai bleddie laai uit.




No comments:

Post a Comment