Ek kyk met skaamte na my blog en sien dat die laaste post uit Parys was. Dit was te lank gelede! Maar nou ja, die lewe gebeur en 'n mens kry nie altyd tyd vir skryf nie. Dit is natuurlik 'n fout. Ek het begin agterkom dat ek benewens skryfmoegheid ook my lus vir kook begin verloor het. Ek weet nie of ek te moeg is na 'n dag se werk of net sommer nuwe inspirasie nodig het nie? Wat ek wel weet is dat 'n mens daardie gevoel moet teestaan. Kosmaak is 'n kreatiewe proses en daarom voel dit nie na werk vir die wat dit liefhet nie.
Een seker manier om inspirasie te ontek is om jou met inspirende mense te omring. En toe besluit ek, dit is nou tyd om weer 'n kookgroep te begin. Ek het mos nou die resep, so dit sal glad verloop of hoe? Waarop ek nie gereken het nie is dat ek met vier nuwe mense, vier totale ander individue te doen sou kry as in die vorige groep. Hulle is almal mense wat gereeld kook en wat al 'n lang pad met kos en kook gestap het. Moenie vir hulle 'n reseppie onder die neus druk en dink hulle gaan dit nie aanpas of verander nie, sou ek later leer.
So begin ek die nuwe ervaring met vier mede reisegers. Die eerste aand het vier heerlike Spaghetti Bolognese souse die lig gesien. Ek het vir almal dieselfde resep gegee en verwag dat hulle mooi netjies dit sal volg. Hulle gooi toe sommer by waarvoor hulle lus kry en ek knyp my ogies toe vir die suiker, kaneel, en wat ookal wat verdwyn in die souse! Hulle gebruik ander maniere van gaarmaak en gebruik fancy implemente wat ek nie eers weet om aan te skakel nie.
Viva! nuwe kookgroep Viva!

En dit bring by my weer 'n keer die gedagte tuis dat ons mense gemaak is om van mekaar energie en inspirasie te ontvang. Ons kan nie soos stukkies brood in 'n verwaterde soppie rondryf nie. Ons moet mekaar opsoek, na mekaar luister, vir mekaar omgee en juis deur dit te doen vind inspirasie ons. Ons verskil en ons andersheid maak van ons goeie bestandele. Amper soos 'n goeie resep. Saam met dit skrik ek ewe skielik weer wakker, en voel wakker. Was dit nie die idee nie?
Viva! nuwe kookgroep Viva!