duifie se sosaties


Duif het die heerlikse hoender sosaties gemaak. Sy het haar hoender vleis oornag in 'n sousie gesit. Ek weet nie wat in die sousie was nie, seker so paar grypsels uit die yskas - maar dit het gewerk! Tip: jy kan 'n ziplock sakkie gebruik om die hoender en sous lekker in te marineer want dan raak jou hande nie vol marinade nie, jy kan oral oor die hoender sous kry en jy raak ontslae van die suurstof rondom die hoender wat dit varser hou.

Sy het toe heerlike growwe stukke rooi uie en groenpeper stukke tussen die hoender ingeryg om wonderlike kleurvolle en gesonde kos te maak. Ek vat toe 'n paar stompies en braai dit vinning oor die kole met dieselfde bedruipsous as marinade. By dit maak sy toe haar fantastiese roosmaryn aartappels. Sy kook klein artappeltjies halfgaar, sny in die helfte met skilletjie en braai in olyfolie met bietjie botter en roosmaryn by. Daarmee saam 'n eenvoudige groenslaai met balsamic reduction sous. (dis maar net gewone balsamic asyn wat hulle stadig afkook tot 'n dukker reduction en dan vir jou in woolworths te duurste verkoop). Sluk dit af met 'n koue sauvignon blanc en hou jou vrou se hand oor die tafel vas.

Ons is toe redelik stil om die tafel want ons monde is te vol om te praat! Weer net 'n bewys van eenvoud + liefde + goeie bestandele = lekkerkos!

No comments:

Post a Comment